Local newsNews

OPVOLG: Nelspruit-polisie keer verdagte (25) van moord op vrou (68) aan, ondersoek duur voort

'n Vrou se lyk is in die vroeë oggendure van Maandag 28 Februarie op 'n kleinhoewe op Cromdale ontdek.

‘n Vyf-en-twintigjarige man word tans deur die polisie in verband met die moord van ‘n 68-jarige vrou Maandagoggend ondervra. Susan Kilmister (68) se lyk is in die vroeë oggendure in haar huis ontdek.
Daar is onsekerheid oor wie die voorval aangemeld het.

Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het bevestig dat hy Maandagoggend omstreeks 04:00 na ‘n kleinhoewe op Cromdale ontbied is. “Op hierdie stadium is daar nog onduidelikheid oor hoe sy vermoor is.”

LEES OOK: Woman murdered on property alongside Barberton Road

Volgens hom was daar wel kneusmerke en ander beserings aan haar nek. Gryvenstein het verder gesê dat daar aanvanklik vermoed is dat daar by haar huis ingebreek is. Die polisie het bevestig dat hulle ‘n moorddossier geopen het.

Hulle het ook bevestig dat die 25-jarige verdagte vanoggend aangekeer en ondervra is. Nog niemand is egter in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Back to top button