Rivierkaskenades om vakansie mee af te skop

Die skoolvakansie het amptelik in Suid-Afrika aangebreek en duisende kinders gaan voor die televisie sit. Maar nie in Lydenburg nie.

Skaars het Karen Coetzee (9) van haar skoolklere na die laaste dag van skool ontslae geraak, toe sy vir die rivier op hul agterstoep hardloop.

Om aan die tou te swaai en karplaks in die rivier te plons, is een van haar gunstelingstokperdjies.

Maak eerder soos  Karen en Ruben ‘ n plan en gaan speel buite en geniet die natuur hierdie vakansie.

Ruben Janse van Vuuren (10) het weer in die rivier gedryf naby hul huis wat aan die Sterkspruit Natuurreservaat grens. Hy het vir sy ma Almari Janse van Vuuren net gesê: Die rivier roep!”

Dis  mos hoe die skoolvakansie moet begin, met waterpret in die somershitte.

Ruben dryf  te lekker in die rivier af naby hulle huis in die De Kuilen-area, buite Lydenburg.

 

Ruben se ma het die foto van hom geneem. 

Lees ook  Potjiedag saam met bierproe-lekkerte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version