Dié bekende brouery, op die hoogste punte van die Longtompas (2 150 m bo seevlak), het nie bekendstelling nodig nie. Die potte het van vroegdag af begin prut. Tot wildsvleis is gebruik in plaas van die tradisionele skaap- en beesvleis.
Die beoordelaars wat die “moeilike” taak om te proe gehad het, was André du Preez van Café Crust, Willie Botha sr., eienaar van Hops Hollow Country House and Brewery, en Almarie Coetzee, ’n plaaslike koskenner.
Die algehele wenners was Ludic Maritz en Jan Bietjie. In die tweede plek was Alan Watson en Corné Taljaard van die bekende Kraal Kombuis in die Badfontein-omgewing. Amajabee Graphic Designs se span het die derde plek behaal. McGee Ford het die geesbeker gewen en Johan Lesh het die toekenning gewen vir die meeste deelname in die boeresport. Hy het ook die bierresies gewen.
“Hierdie Longtom Potjiekosfees kry jaarliks groot aftrek en word goed ondersteun deur die breë gemeenskap. Dankie aan al die spanne en borge wat deelgeneem het. Die manne het hul talente op die oop vuur ten toon gestel, en was dit nou ’n lekker proe na die tyd,” het Willie Botha jr., bestuurder van Hops Hollow Country House and Brewery, gesê.