Local newsNews

Potjiedag saam met bierproe-lekkerte

Hops Hollow Country House and Brewery het op Saterdag 27 November ’n heerlike potjiekosdag aangebied, te midde van digte mis wat die gaste omhul het.

Dié bekende brouery, op die hoogste punte van die Longtompas (2 150 m bo seevlak), het nie bekendstelling nodig nie. Die potte het van vroegdag af begin prut. Tot wildsvleis is gebruik in plaas van die tradisionele skaap- en beesvleis.

Die beoordelaars wat die “moeilike” taak om te proe gehad het, was André du Preez van Café Crust, Willie Botha sr., eienaar van Hops Hollow Country House and Brewery, en Almarie Coetzee, ’n plaaslike koskenner.

Hops Hollow Country House and Brewery,

Die algehele wenners was Ludic Maritz en Jan Bietjie. In die tweede plek was Alan Watson en Corné Taljaard van die bekende Kraal Kombuis in die Badfontein-omgewing. Amajabee Graphic Designs se span het die derde plek behaal. McGee Ford het die geesbeker gewen en Johan Lesh het die toekenning gewen vir die meeste deelname in die boeresport. Hy het ook die bierresies gewen.

Magdaleen Botha, Willie Botha en Almarie Coetzee was die drie beoordelaars.

  “Hierdie Longtom Potjiekosfees kry jaarliks groot aftrek en word goed ondersteun deur die breë gemeenskap. Dankie aan al die spanne en borge wat deelgeneem het. Die manne het hul talente op die oop vuur ten toon gestel, en was dit nou ’n lekker proe na die tyd,” het Willie Botha jr., bestuurder van Hops Hollow Country House and Brewery, gesê.

Alan Watson en Corné Taljaard skep vir die beoordelaars ’n proeseltjie in.
Pieter du Plessis en Nico Mulder van McGee Ford. Dié span
het die geesbeker gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button