IN FOTO’S: Dié leerders ken van kuns en voor ‘n gehoor praat

Leerders wat werke ingegee het vir die Nelspruit Eisteddfod se kategorie vir visuele kunste, ontwerp en fotografie sal op 27 September hul uitslae ontvang.

Die klanke van Afrikaanse voordrag en drama het Communio se saal van Donderdag tot Saterdag gevul as deel van hierdie jaar se Nelspruit Eisteddfod.

Daar was ongeveer 400 inskrywings, en met beoordelaars Esther Bredenkamp en Elsje Retief en afdelingshoofde Marietjie Green en Marli Fritz aan die stuur van sake, het dit seepglad verloop.

Die deelnemers kon kies en keur uit die verskillende kategorieë: individueel, duovoordrag, triovoordrag, monoloë, kreatiewe advertensies en ook ‘n leesafdeling.

LEES OOK: Geniet ‘n teetjie met Lizz Meiring

Green het gesê die gehalte was soos vorige jare weer eens goed gewees, maar daar was heelwat minder inskrywings as gewoonlik.

LEES OOK: So op ’n druppel identies

Die inhandiging van kunswerke in die visuele kunste en fotografie-afdeling van die Eisteddfod het 13 September plaasgevind.

LEES OOK: Laerskool Bergland versier bome in geel om hoop te bring

Celeste Huggs, die fasiliteerder vir dié afdeling, vertoon een van die werke wat by Communio ingedien is.

Die kategorieë was visuele kunste, ontwerp en fotografie. Weens Covid-19 sal beoordelaars hierdie jaar se werke by hul huise nasien. Leerders sal dan op 27 September hul uitslae ontvang.

Exit mobile version