Local newsNews

Geniet ‘n teetjie met Lizz Meiring

Kom skink jou koppie tee saam met Lizz Meiring en vier die vrolike en vroulike geslag tydens Gaan Bos inniMall by Doppio Zero op Vrydag, 24 September, om 10:00.

Meiring weet alles van skoonheid af, en verstaan veral diegene aan wie dit níé uitgedeel is nie. Maar skoonheid is nie net veldiep nie – agter die mooiheid skuil dramatiese gevolge, komiese insidente, rare rituele, misterieuse hulpmiddels, ongelooflike liefdesintriges en unieke karakters.

Die soeke na skoonheid is inderdaad die storie van die mensdom se soeke na erkenning. Dwarsdeur die eeue is daar onvertelde stories van heersers, politici, koninginne, courtisane, godinne, spioene, sterre, moordenaars, kunstenaars en dies meer, wat hul lewens aan hul eietydse persepsie van wat mooi nou eintlik is, gewy het.

ALSO READ: Hi-Tech teaches stranger danger

Meiring is slimsnaaks, en haar vertellings verrassend, uniek en hartroerend.

Maak al jou vriendinne bymekaar en kom vier vrouwees by Gaan Bos inniMall. Daar gaan verseker ook gesels word oor interessante produkte uit i’langa Mall se skatkis wat spesiaal vir die dames saamgestel is.

Die vertoning kos R100 en sluit ‘n verwelkomingsdrankie in. Daar gaan streng by die inperkingsmaatreëls gehou word en slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by i’langa Mall se sentrumbestuur (langs die ABSA-OTM by Mugg & Bean se ingang).

Die volledige program is op innibos.co.za.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button