Local newsNews

Kabous se ma sterf ná vele smart aan hartaanval

Sy het haarself waarskynlik doodgetreur oor ons broer, Kabous, wat in Julie 2019 in 'n gru-motorongeluk dood is.

So sê Melissa Goetze nadat haar ma, Tershia Goetze (48), Sondag aan ‘n hartaanval oorlede is.

Kort na Kabous se afsterwe is Tershia met lupus gediagnoseer. “Die tipe lupus wat sy onder lede gehad het, het onder meer haar organe, soos haar vel, niere en hart, geaffekteer,” vertel Melissa.

Die degenererende siekte is een waar die liggaam se immuunstelsel aangeval word.

Die dokters was destyds van mening dat Tershia die siekte waarskynlik as gevolg van stres en spanning weens Kabous se afsterwe ontwikkel het.

Kabous is in die middernagtelike ure van 12 Julie 2019 dood in ‘n trompopbotsing op die Kaapsehoop-pad.

Die ongeluk het gebeur toe sy Nissan 1400-bakkie reg van voor deur sy goeie vriend en kollega, Larco Bam (30), se voertuig getref is. Bam is vroeër die jaar skuldig bevind aan strafbare manslag en is ‘n boete opgelê.

ALSO READ:  Memorial service is held for Mataffin man who had been missing

Tershia het die afgelope week saans in Kabous se kamer geslaap, vertel Melissa.

“Sy was die week ook duidelik sieker as gewoonlik, en sy het voortdurend van hartpyne gekla.”

Tershia Goetze.

Sondag omstreeks 08:00 het haar man, Stephen, vir haar koffie kamer toe gevat.

Dit is toe dat hy haar dood in die bed aangetref het.

“Ons het geweet haar gesondheid is erg aan die kwyn, maar het nie verwag dat dit só skielik sou gebeur het nie,” sê Melissa.

‘n Gedenkdiens word Saterdag vir Tershia in die Laeveld Botaniese Tuine gehou.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button