Bevorder toerisme en stem vir Mbombela

Dis weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie, en inwoners van die Laeveld kan vir Mbombela of Hazyview stem om te kwalifiseer as 'n finalis vir 2021.

Die Laeveld is ryk aan mooi uitsigte en fantastiese toeristebestemmings.

Die pas verkose president van die Kruger-Laeveld Sake- en Toerismekamer, Sandra Jacobs, is van mening dat om hierdie kompetisie te wen baie publisiteit vir die Laeveld en spesifiek Mbombela sal genereer, wat op hierdie stadium noodsaaklik is om toerisme te bevorder.

Jacobs moedig die gemeenskap aan om vir Mbombela as dorp van die jaar te stem, sodat die gemeenskap kan saamtrek en die munisipaliteit oortuig dat hierdie mooi dorp opgepas en sy paaie herstel moet word.

“Ons dorp is nie perfek nie, maar om die Dorp van die Jaar-kompetisie te wen sal ons baat om vir die res van die land te wys hoe mooi dit is, ongeag die onperfekthede.”

LEES OOK: Toy se omgeeprojek het die Laeveld-gemeenskap se ondersteuning nodig

Jacobs sluit af deur te sê: “Jy kan nie die mooiste meisie in die land wees en nie jou hare was nie.”

Hoe om te stem
Stuur die naam van jou gunstelingdorp per SMS na 33157.
 
Stemme kan tot en met 7 Mei om 12:00 geplaas word.
 
Slegs 30 stemme per selfoonnommer kan geplaas word teen ‘n koste van R1,50 per SMS.
 
Kyk hier na die kykNET-inskrywingsvideo: 
 

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version