AnimalsLocal newsNews

Troeteldiere kan nie die gevreesde virus kry nie

Dierewelsyn-organisasies is sedert die uitbreking van die koronavirus oorweldig deur 'n groot toename in diere wat agtergelaat word. Dit volg uit eienaars se vrees dat die diere die virus kan oordra.

Inspekteur en bestuurder van die dierebeskermingsvereniging (DBV) se hoofkantoor, Pam Pretorius, het aan Steelburger/Lydenburg Nuus vertel dat hulle beslis ‘n toename hiervan beleef.

“Alle DBV’s het noodhokke, en selfs daarin word diere oornag gelos. ‘n Ander probleem wat ons nou ervaar is besighede wat wilde katte in die omgewing gevoer het. Nou, met die 21 dae wat alles gesluit gaan wees, is daar niemand wat na hulle kan omsien nie. Ons het ook te min personeel om die kwessie onder beheer te kry,” vertel Pretorius.

Kommer dat troeteldiere die virus kan optel en oordra het onstaan toe die American Kennel Club (AKC) bekendgemaak het dat hoewel honde moontlik vatbaar is vir ‘n tipe koronavirus, dit egter nie die geval met Covid-19 is nie.

Ander nuus oor die virus: Reports of first coronavirus case in Lydenburg dismissed as fake

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n uitspraak gelewer oor hierdie kommer. “Daar is geen bewyse dat honde, katte of enige ander diere Covid-19 kan versprei nie. Die virus word deur mense versprei,” het dit verklaar. AKC het wel genoem dat diere draers kan wees in hoë-infeksie gebiede soos China.

Volgens die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid is daar geen bewyse dat honde ‘n rol speel in die verspreiding of dat hulle siek word van die virus nie. Die Sentrum vir Siektebeheer- en Voorkoming stem saam met die stelling en noem verder: “Daar is tans geen bewyse dat geselskapsdiere, insluitend troeteldiere, Covid-19 kan versprei nie.”

CNN International het skertsend verwys na die onnodige paniek onder troeteldiereienaars en vertel: “Dit is nou die tyd om jou troeteldier te vertroetel, nie jou menslike geliefdes nie. Laat ons dus op mense fokus en sosiale afstand toepas, en as jy iets wil omhels, omhels jou hond, kat, meerkat of wat ook al.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button