Die Nellie Miere vier vanjaar hulle 20ste bestaansjaar

Nellie Miere kleuterskool het ouers en kinders uitgenooi om onlangs aan 'n kleurpretloop by Laerskool Nelspruit deel te neem.

Almal was gereed om met poeierverf ingekleur te word terwyl hulle om die baan beweeg het.

Die jare is nie die mylpaal wat uitstaan nie, maar die  4 927 Miertjies wat gedurende die 20 jaar deel van die skool was.

LEES OOK: SAVF Rustig hou jaarlikse basaar by NG Kerk Witrivier 

“Met liefde, geduld, geswoeg en gesweet, het ons in die 20 jaar mooi herinneringe geskep en ons kinders voorberei vir ‘n hoopvolle toekoms,” sê Rènaldia Henn, hoof van Nellie Miere.

Dominique Bezuidenhout is tans ‘n onderwyser by Nellie Miere, en sy was in die eerste klas toe die kleuterskool geopen het.

“Die terrein het baie verander vandat ek hier op skool was; daar is meer klimrame,” sê Bezuidenhout.

Sy het op Potchefstroom studeer en het by Nellie Miere aansoek gedoen vir ‘n pos omdat sy net goeie ervarings daar gehad het.

Bezuidenhout het verlede jaar by die kleuterskool aangesluit en wil ‘n moederfiguur wees wat emosionele ondersteuning aan ‘n kind kan bied, net soos dit destyds aan haar gebied is.

Dominique Bezuidenhout

LEES OOK: Cecilia van Wijk Kleuterskool word 60

Die kleingoed het die kleurvolle ontploffing geniet en uitbundig gelag.

Die ouers het saam met hulle die dag geniet soos hulle met poeierverf gegooi is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version