SAVF Rustig hou jaarlikse basaar by NG Kerk Witrivier 

Daar was vrugte, groente, worsrolle, koeke, koekies, basaarpoeding, kerrie-en-rys, tweedehandse klere, boeke en handgemaakte breiwerk, asook wit olifante te koop.

Die basaar is gehou ten bate van die SAVF Rustig Aftree- en Versorgingsoord se diensbestuur se nuutste projek, ‘n wisselrigterstelsel met sonpanele om krag en ligte aan te hou tydens kragonderbrekings, vertel Johan Maritz van die diensbestuur.

“Ons is verskriklik dankbaar vir elke persoon se ondersteuning en bydraes. Die gemeenskap van Witrivier is baie goed vir ons inwoners,” het Liza Reniers, Rustig se oordbestuurder, vertel.

Daar is ook ander fondsinsamelings en projekte waarby die publiek kan betrokke raak.

Kontak Reniers, Bruce Macaulay of Annelie Radmore by die kantoor by 013-751-1822, of stuur ‘n e-pos aan rustig.admin@savf.co.za.

LEES OOK: Laeveld legende Dirk Bosman dood na stryd met kanker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version