Per ongeluk is strafbare manslag

Dit gebeur dikwels dat strafbare manslag misgis word met die opsetlike dood van ‘n persoon, wat op moord neerkom.

MBOMBELA – Op Oktober 1 het Laevelder berig oor die verdagte, Johan Louwrens, wat homself oorgegee het aan die polisie, nadat hy die plaaslike besigheidsvrou, Letisia Niemann (38), se dood veroorsaak het in ‘n tref-en-trap-ongeluk, op September 28.

Dit was bevestig deur die SAPD woordvoerder, kapt. Zandile Gqawa, dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word.

LEES OOK: Alleged hit-and-run driver identified

Strafbare manslag is die wederregtelike en nalatige veroorsaking van iemand anders se dood.

Die toets wat deur die regslui toegepas word, is of die redelike persoon in dieselfde omstandighede as die beskuldigde die moontlikheid van dood  sou  voorsien het en of ‘n persoon in die verdagte se skoene stappe sou geneem het om die slagoffer se dood te voorkom.

Voordat iemand aan strafbare manslag skuldig kan wees, moet die hof oortuig wees dat die verdagte se  nalatige optrede die dood van ‘n ander veroorsaak het.

LEES OOK: Hit-and-run accused is granted bail

Met nalatigheid word bedoel dat die dader nie die nodige opset of wil gehad het om ‘n persoon dood te maak nie. Die dader het dus  nie die dood van die slagoffer beplan nie en kon himself op die tydstip toe die ongeluk gebeur het ook nie versoen het met die moontlikheid, dat sy daad of handeling tot die afsterwe van die persoon sou lei nie.

Die vonnisse  wat opgele kan word in strafbare manslagsake verskil aansienlik, en ‘n vonnis van tot en met 15 jaar tronkstraf kan opgelê word. Dit word gewoonlik aan die regter se eie oordeel oorgelaat. Die deursnee vonnis strek gewoonlik van vier tot agt jaar tronkstraf, soos in die sake van (Mapipa teen Staat) en (Staat teen vs Nesane) onderskeidelik.

LEES OOK: Police watchdog says investigations into Masher shooting still ongoing

In teenstelling word verdagtes wat skuldig bevind word aan moord en in terme van minimum statutêre riglyne, gevonnis tot ‘n minimum van 15 jaar tronkstraf vir ‘n eerste oortreder en ten minste 20 jaar tronkstraf vir ‘n tweede oortreding.

 

Exit mobile version