Local newsNews

Laerskool Laeveld se haasbekkies gaan “grootskool” toe

Hier en daar het die trane geloop en dit was nie net die kinders wie se wange nat was nie

Skaam glimlaggies en groot ogies was vanoggend volop op Laerskool Laeveld se skoolterrein. Die 2020-graadeentjies het vandag hulle amptelike skoolloopbaan afgeskop, en dit was duidelik dat daar met die aflaaislag swaar afskeid geneem is van mamma en pappa.

LEES OOK: Laerskool Laeveld beloon toppresteerders

Die meerderheid het egter braaf van hulle ouers afskeid geneem en glimlaggend hulle nuwe klaskamers ingestap waar hulle met ope arms deur die juffrouens verwelkom is.

Hierdie jaar se tema is “Leef in die oomblik”, en skoolhoof Theo Kruger het dit beaam in sy praatjie vir 2020.

“Die Here het NOU aan jou gegee! Leef vreesloos in die oomblik. Moenie so dwaal op die verlede dat jy die potensiaal van die oomblik mis nie. Moenie fokus verloor en jou gedagtes laat gaan na vorige mislukkings nie, want dit gaan jou van al jou tyd, energie, passie en dryfkrag dreineer. Wees teenwoordig in die oomblik, met jou visier gerig op jou God-gegewe eindbestemming.”

Lees meer in Vrydag se Laevelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button