Stem vir Innibos en wen

Die virtuele stembus vir die Fiëstas Fees van die Jaar is oop.

MBOMBELA – Tussen sabotasie by Eskom en die kwynende ekonomie is die vooruitsigte vir 2020 nie baie rooskleurig nie.

Maar gelukkig is daar iets báie lekker om na uit te sien: Innibos 2020 beloof om ‘n nommerpas fees te wees.

Om te wys hoe bly jy is, neem ‘n paar sekondes en stem vir Innibos as jou gunstelingfees in die kykNET Fiesta-toekennings.

Drie persone wat gestem het kan elk twee weekkaartjies vir volgende jaar se fees wen.

Neem bloot ‘n skermgreep van jou stembladsy hier en pos dit op Laevelder se Facebook-blad om ‘n kans te staan om te wen.

Die stembus sluit op 13 Januarie om middernag.

LEES OOK: In 2020 gaan ons nommerpas met Innibos

Dis nou ‘n nommerpas kersgeskenk! Tot en met 23 Desember kan jy ook teen ‘n spesiale aanbieding van R550 jou weekkaartjie koop.

Besoek innibos.co.za vir meer.

Exit mobile version