Maak kampkos in 1-2-3 met dié resepte

Die Desembervakansie is om die draai en baie Laevelders geniet dit om te kamp. Maar watter geregte maak mens saam met die braaivleis? Resep-idees van "Flippen Lekker Braai Resepte".

Daar is min beter maniere om die mooi weer te geniet as om soveel tyd as moontlik buite te spandeer.

Laevelders is mal daaroor om hul stewels modderig te maak en die hele dag buite te verken, gevolg deur ‘n ontspanne aand om ‘n kampvuur.

Dit is altyd wonderlik om staaltjies met jou gesin uit te ruil terwyl almal na die ganse oop sterreruim opkyk.

LEES OOK: Keep our children safe this festive season, says ChildSafe

Maar wat is ‘n lekker kampvuurresep om die belewenis nog meer onvergeetlik te maak?  Die laaste ding wat mens wil doen nadat jy die hele dag rondgehardloop het, is om te veel tyd te spandeer aan maaltye vir almal.

Hierdie paar heerlike resepte van “Flippen Lekker Braai Resepte” is ideaal vir die perfekte kampuitstappie.

MIELIETERT/SOUFLE MET GROENTE
60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie

Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie
Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op
Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C
Jy kan die groente uitlaat – ek het net die idée eendag gekry met die groente en dit rek die resep en dit is baaaaie lekker

AARTAPPEL SOSATIES

Baie lekker bykos vir ‘n braai
24 klein baba aartappeltjies (kook tot gaar)
Draai nou om elke aartappeltjie is repie spek
Ryg in op sosatiestokkie
Pak in platbak
Maak sous van:
250ml suurroom
grasuie gekap
140 gr agurkies – fyngekap
swart gemaalde peper
Gooi bo-oor en bak in oond tot spek gaar en lekker crispy is.

WARM DUITSE AARTAPPELSLAAI

bestanddele
4 aartappels
5 repe spek (gesnipper)
1 eetlepel meel
2 eetlepels wit suiker
1/3 koppie water
1/4 koppie witwynasyn of gewone wit asyn
1/2 koppie gekapte uie
sout en peper na smaak

Instruksies
Kook aartappels tot sag, maar steeds ferm, sowat 15/20 minute. Laat afkoel en sny in blokkies
Plaas spek in ‘n groot, diep pan. Kook oor medium hoë hitte totdat egalig bruin is. Dreineer, verkrummel en sit eenkant neer. Moenie vet uit pan gooi nie
Voeg die meel, suiker, water en asyn in die pan en kook in die spek vet oor medium hitte tot sous dik is.

Voeg spek, aartappels en uie by en roer deur
Kook tot warm en geur met sout en peper, bietjie droe of vars pietersielie en paprika
Bedien warm.

KORSENTINA AARTAPPELS

Bestandele:
10 medium aartappels
1 pakkie bruin uiesop
800ml water
50g botter
Instruksies:

Voorverhit oond tot 180°C.

Sny aartappels sonder om dit heeltemal deur te sny
Plaas die aartappels in die pan
Meng water en uiesop en voeg by die aartappels
Voeg ‘n skeppie botter by elke aartappel en bak vir 90 minute
Draai elke 30 minute die aartappels om en voeg uiesop by.

KAASGEREG

8 dik snye witbrood (smeer met botter)
3 eiers
sout, peper en mosterdpoeier
2 kop gerasperde kaas
3kop melk
(opsioneel – pakkie bacon en 1ui gebraai)
Pak 1 laag brood – gooi helfde van eier mengsel en spek en 1 kop kaas oor
pak weer laag en gooi laaste melk en laaste die kaas bo-oor
Bak in oond by 180 grade tot gaar en goudbruin.

KAAS-PANBROOD
Skep 2 eetl botter in bak voeg by 1 tl knoffelsout – sit in oond dat dit smelt – sprinkel bietjie rooi peper bo-oor

Meng nou saam:
2 en half kop meel
4tl bakpoeier
half tl sout
2 kop gerasperde kaas
1 en driekwart kop melk
Meng alles goed
Skep nou lepelsvol bo-op die botter en rooipeper mengsel
Bak vir 1/20 min by 180grade
Gebruik verkieslik ‘n plat bak vir die gereg

BOTTERSKORSIESKYWE MET KNOFFEL

Lekker by braaivleis
Sny jou botterskorsies in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en knoffelvlokkies, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die botterskorsie. Maak toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

MURGPAMPOENTJIE-TERT

Rencia Odendaal Pretorius

6 kop gerasperde rou murgpampoentjie
6 eiers,geklits
1 kop meel
2 tl bakpoeier
1 kop suiker
2 tl vanielje
4 eetl botter
sout na smaak
Meng botter en suiker, voeg eiers by. Meng droe bestandele by en pampoen.
Meng alles en bak tot gaar vir plus minus 45 min na 1 uur op 180 grade

MAKLIKE AARTAPPELGEREG

Kook jou aartappels tot gaar. Verwyder skil en sny in blokkies.
Braai ‘n klompie gesnipperde spek tot bros en meng in by die aartappels
Neem ‘n lekker homp botter, knoffelvlokkies, droë pietersielie, sout en gemaalde swart peper en bring tot kookpunt
Gooi bo-oor die aartappels en bedien warm. Die is heerlik en baie maklik !!!

GROENTEGEREG

Bestanddele
1 kg Gemengde Groente
1 Pakkie sampioen- of bruin uiesop
1 Pakkie Simba-skyfies – Chutney / Smoked Beef
2 kop Gerasperde Mozzarella-kaas
Sout en Peper na smaak
1 kop Melk
3 eetl Margarien
4 eetl Koekmeelblom

Metode
Kook groente soos aangewys. Dit moet nie pap gekook wees nie. Maak ‘n witsous deur margarien te smelt, die meel by te roer en die melk stadig by te voeg. Roer aanhoudend en kook witsous tot dik. Voeg 1 k Mozzarella-kaas by. Gooi die soppoeier oor die groente. Voeg die witsous nou by die groente. Meng liggies tot al die groente bedek is met die sous. Plaas die groente in ‘n oondbak. Maak die skyfies fyn en strooi oor die groente. Strooi die ander koppie kaas oor. Bak in ‘n matige oond tot mooi bruin.



					
				
						
						
Exit mobile version