Local newsNews

Omgee-dokters gee Ronnie ‘n tweede kans

Sewe jaar van onhoudbare, aanhoudende pyn het vandeesweek hopelik vir Ronnie Botes tot 'n einde geloop.

MBOMBELA – ‘n Groep plaaslike dokters het Woensdag hande geneem om Botes, wat nie ‘n mediese fonds het nie, die heupvervanging wat hy broodnodig gehad het te gee.

“Dit is ‘n teken van Jesus se liefde,” sê sy vrou Ansie oor dié wat haar man se operasie moontlik gemaak het.

Botes moes vir jare met chroniese pyn saamleef. Hy het in 1983 ‘n heupvervanging gekry nadat hy in ‘n motorongeluk was. Dié heup het in 2012 begin probleme gee.

Laevelder het in November berig hoe moedeloos die paartjie was. Rob Ferreira Hospitaal kon nie sy heup opereer nie en het hom na Steve Biko Hospitaal verwys.

LEES MEER: Man gevangene in sy eie huis weens pyn terwyl hy wag vir operasie

Die laaste strooi was egter toe Steve Biko die egpaar onlangs meedeel dat hy vir 10 jaar sal moet wag vir die operasie.

Ansie het by ortopediese sjirurg, dr. Johan van Rooyen, aangeklop, en hulle het besluit dat hulle eenvoudig moet help.

Van Rooyen het ander ook oorgehaal en Woensdag het al die betrokke mediese personeel gratis die operasie uitgevoer.

Narkotiseur dr. Nic Procter and ortotis Org Rautenbach het saam met Van Rooyen die operasie uitgevoer. Fisioterapeut Kobus Maree en Lancet Laboratory het ook hul dienste gratis aangebied. Boonop het Radio Laeveld geld bewillig om sy medikasie te dek.

Dit was ‘n lang vyf-uur prosedure, maar alles het vlot verloop.

“Ek is so opgewonde. Dit gaan ons lewens verander,” het ‘n emosionele Ansie gesê.

Botes het voor die operasie geterg dat hy alles so gereël het net om weer in die koerant te verskyn. “Baie, baie dankie aan almal,” het hy ernstig bygevoeg.

LEES OOK: Hit-and-run accused is granted bail

Back to top button