Laat reg en geregtigheid geskied

Om die gereg te mislei is 'n misdaad. Mense vertraag soms regterlike diensamptenare of selfs die polisie in die behoorlike uitvoering van hul take, om aanspreeklikheid te ontsnap.

MBOMBELA – Belemmering of verydeling van die regspleging bestaan uit enige wederregtelike, opsetlike gedrag wat bydra of lei tot die dwarsboming van die gereg.

ALSO READ: It is raining on Paul Kruger’s birthday!

Daar is twee vorme van regsverydeling wat ‘n misdaad is, waarvan jy aangekla kan word. Dit bestaan uit die belemmering van die gereg, wat iets minder is as verydeling, en verydeling self van die gereg.

As iemand van verydeling aangekla word, moet die staat  bewys dat behoorlike regspleging wel beïnvloed was.

ALSO READ: The ‘stayers’ are here for good

Dit sal die geval wees as daar bewyse is dat ‘n onskuldige persoon skuldig bevind was, of dat ‘n skuldigde persoon ontslaan was.

Daar is verskeie maniere waarop dit kan plaasvind byvoorbeeld:

ALSO READ: Local artist has debut exhibition until January

ALSO READ: Clean bill of health for the Excellence Awards

In die saak van S v Cassimjee, 1989, was Cassimjee  die bestuurder van ‘n vragmotor wat in ‘n ongeluk betrokke was. Tydens die ondersoek op ‘n aanklag van nalatige en roekelose dronkbestuur word hy ondervra en verklaar hy dat hy net ‘n passasier was. Die valse ontkenning het deel gevorm van die klag van belemmering van behoorlike regspleging, waarop die verhoorhof die beskuldigde skuldig bevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version