Local newsNews

Kook saam met Pieter

Slegs die top vyf spanne is oor in die gesogte kykNET Kokkedoor-kompetisie, en die Laeveld se eie kinkelkok, Pieter Malan, is een van hulle.

Dinge raak egter nou warm in die Kokkedoor-kombuis, en nadat niemand Donderdag huis toe gestuur is nie, is daar geen meer tweede kanse nie.

Pieter Malan is darem nog daar.

SIEN OOK: KANSA se Rio-karnaval ‘n groot trekpleister

Hier deel hy ‘n spesiale resep met Laevelder lesers.

Kama Kama Varkboud met Kerrie Perskes

Bestandele
1kg vark fillet
60g sterk kerriepoeier
1 blik perskes met stroop
Sout en peper na smaak
20g Vars koljander
10g Koljandersaad
20g Bruin suiker

Metode
Gooi die geblikte perskes met stroop in ‘n potjie uit en voeg die vars koljander en kerriepoeier by. Kook af totdat ‘n sterk stroop vorm.
Meng die bruin suiker, sout, peper en koljander saad saam en vryf die mengsel in vark fillet in.
In ‘n oond pan bring die botter tot smeltpunt en verbruin fillet in die pan.
Verwyder uit die pan en sit op ‘n bakplaat, gooi van die kerrie stroop bo-oor en bak 10 minute lank teen 180 grade celcius.
Sout en peper weer na smaak en sny in eweredige porsies. (ongeveer 4/5)
Bedien elke porsie met kerrie perskes. Bedien met kapok aartappels of gemmer patats.

Kokkedoor saai elke Donderdagaand om 20:00 op DStv se kanaal 144 uit.

SIEN OOK: Indulge: Lowveld Kokkedoor shares special recipe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button