EntertainmentLifestyleLocal newsNews

KANSA se Rio-karnaval ‘n groot trekpleister

Tydens die jaarlikse Night of 1000 Stars het karnaval-tema opvoerings die dorp bekoor op September 6.

MBOMBELA – Weens die reën moes die feesvieringe vanjaar onder dak plaasvind, maar dit het nie die pret gekeer nie en meer as R180 000 is vir KANSA ingesamel.

Gaste is verwelkom deur reusepoppe en vuurkunstenaars wat hulle dadelik na die strate van Rio de Janeiro meegevoer het.

ALSO READ: Wanneer ‘n handeling op afpersing neerkom

Die verskeie restaurante wat aan die geleentheid deelgeneem het, het elkeen hul tafels ook volgens dié tema opgemaak.

Phoenix Fire and Drums, Natascha C en Mojito Swing het bygedra tot die heerlike atmosfeer en gaste was sommer vroeg reeds op die dansvloer te sien.

ALSO READ: The 2019 Lilizela Tourism Awards – a great success

Die wenners van die voorgereg was Orange Restaurant, terwyl Zest die kroon gevat het in die hoofgeregafdeling.

Nuweling Doppio Zero, wat aan hul eerste Night of 1000 Stars deelgeneem het, het nie net die prys vir beste nagereg ontvang nie, maar is ook as algehele wenners aangewys.

“Ons is so dankbaar teenoor die borge en die publiek wat weer eens van hierdie aand ‘n reusesukses help maak het,” het een van die aand se organiseerders, Sandra Jacobs, gesê. “Ons het baie positiewe terugvoer gekry. Die musiek en die tema was heerlik en die kos was sommer baie lekker.”

“Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om te sien dat die gemeenskap ons op ‘n gereelde basis ondersteun. As gevolg van verlede jaar se Night of 1000 Stars kon ons gratis konsultasies aan soveel mense gee.”

KANSA Laeveld se Eurika Mogane het gesê dat hulle baie dankbaar is vir al die ondersteuning wat hulle ontvang.

Die organisasie se beskermheer, Pinky Phosa, het ook die geleentheid bygewoon en heerlik saam met die KANSA-groep gekuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button