Aanranding se elemente ontleed

Aanranding in die samelewing vind dikwels plaas en daar is verskeie wanopvattings oor wanneer ‘n klag van aanranding gelê kan word.

MBOMBELA – In die normale loop van sake pleeg iemand gewone aanranding, indien hy wederregtelik en opsetlik regstreeks of onregstreeks geweld aan die liggaam van ‘n ander toevoeg of die slagoffer laat glo dat hy of sy geweld toegevoeg gaan word.

Die nodige opset moet teenwoordig wees om geweld aan ‘n ander toe te voeg. Indien die dader (aanrander) nie bewus is van die slagoffer se vrees nie, ontbreek die nodige opset. Daar sal dus na die feite van elke saak gekyk word.

ALSO READ: Your CV should convey the truth and nothing but the truth to avoid prison

Dolus eventualis is voldoende, deurdat die dader die feit voorsien het dat sy wederregtelike handeling die slagoffer gaan beseer en dat hy hom daarmee versoen het om die handeling nogsteeds uit te voer.

Dronkenskap kan wel die gevolg hê om die nodige opset met gewone aanranding uit te skakel. Die besope dader sal in sekere gevalle dus nie die nodige toerekeningsvatbaarheid hê om skuldig bevind te word nie want hy/sy was nie by sy/haar volle sinne gewees toe die daad gepleeg was nie.

ALSO READ: Use of animals in McLaren Circus divides Lowveld community

Daar word in die algemeen aangeneem dat provokasie van die aanrander nooit vereis word vir gewone aanranding om die nodige opset daar te stel nie.

In die saak van Matle, (1984 (3) SA 748 (NK)) gooi Matle sy meisie met ‘n kierie terwyl hulle baklei. Sy koes en die kierie tref haar ma wat agter haar staan. Sy sterf twee dae later as gevolg van longontsteking wat onverwant is aan die handeling van Matle. Hy word aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

ALSO READ: Nationwide strike at SANParks

Die verhoorhof vind hom skuldig op grond van die feit dat hy voorsien het dat sy handeling die moontlikheid inhou om sy meisie se ma ernstig te beseer, maar dat hy hom daarmee versoen het, die sogenaamde dolus eventualis beginsel.

Op Appel beslis ‘n hoërhof dat die staat nie die opset van die dader bo redelike twyfel bewys het nie. Aangesien daar nie iets bestaan soos nalatige aanranding nie, word Matle vrygespreek.

 

 

Gewone aanranding is ook onderworpe aan die de minimis-reël beginsel, en kan die geringste geweldtoevoeging, soos ‘n stamp of om iemand se arm vas te hou voldoende wees.

Fisiese geweld word nie altyd benodig nie en kan die vrees wat by ‘n slagoffer ingeboesem word, deur die woorde van die dader genoegsaam wees om ‘n saak van aanranding te open.

ALSO READ: Dogtertjie met hartjie vol omgee benodig operasie om meer normale kinderlewe te hê

X glo byvoorbeeld dat Y wat veel groter en sterker as hy is, hom gaan slaan deur die dreigende woorde wat Y hom toesnou. Alhoewel Y nie X te lyf gegaan het nie, het X eerlik waar geglo dat dit waarskynlik gaan gebeur.

In die meeste gevalle word geweld regstreeks toegedien, soos ‘n vuishou of ‘n skop, maar dit kan ook onregstreeks toegedien word, soos om ‘n trein te laat ontspoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version