#NelspruitEisteddfod40: FOTO’S: Met instrumentale afdeling kom fees tot ‘n einde

Met die geluide van marimbas het die 40ste Nelspruit Eisteddfod verlede Vrydag tot 'n einde gekom.

MBOMBELA – Musikante van regoor die Laeveld het verlede week meegeding en hul instrumentale talente op Communio Kerk se verhoog ten toon gestel.

Tydens dié afdeling van die kompetisie was daar ook verskeie individuele pryse op die spel en deelnemers het behoorlik uitgehaal en gewys.

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK – Groot verskeidenheid in dansafdeling

“Dit is baie belangrik om nie net musikaal te wees nie, maar ook om jou gehoor te vermaak,” het beoordelaar Rhona Kriel laat hoor.

Die gala-aand van die eisteddfod vind op 19 September by Communio Kerk plaas. Kaartjies vir die geleentheid beloop R80 per persoon.
Vir meer inligting kontak Thea Möller by 082-552-5640.

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: KYK: Hoë en lae note by vokale afdeling

Exit mobile version