#NelspruitEisteddfod40: KYK – Groot verskeidenheid in dansafdeling

Die deelnemers aan vanjaar se dansafdeling by die Nelspruit Eisteddfod het verlede week hul beste voetjie voorgesit op die verhoog by Communio Kerk.

MBOMBELA – Die gehoor is bederf met alles van jazz en kontemporêr, tot ballet en modern, by dié week se kompetisie. Met spreibeenspronge en plié’s het die dansers gewys dat hulle hard gewerk het om aan hierdie kompetisie deel te neem.

Die befaamde Sylvia Prinsloo, wat ongeveer 15 jaar ondervinding in die danswêreld het, het die deelnemers beoordeel en te wyte aan die hoë simbole wat die deelnemers ontvang het, was sy beslis beïndruk.

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: English category exceeds expectations

Die toegang tot die venue is gratis. Moenie die geleentheid misloop om die Laeveld se beste talent op die verhoog te sien nie.

LEES OOK: Stigter van Nelspruit Eisteddfod deel kosbare herinneringe

Exit mobile version