Local newsNews

Wenslys vir Bejaardes pleit vir hulp van gemeenskap

Die Wenslys vir Bejaardes is ongeveer 20 jaar gelede deur Anne-Mari Gavin gestig toe sy die nood begin raaksien het van staatspensioenarisse wat nie in ouetehuise woon nie.

Die organisasie se Anne-Mari Gavin het ‘n baie spesiale kombers gehekel. Dié kombers word ten bate van die organisasie uitgeloot.

Gavin het vroeër vanjaar die kompetisie aangekondig en pleit dat die gemeenskap dringend hande vat en die projek ondersteun.

Die kompetisie sluit 1 September.

LEES OOK: 2018 se wenslys vir bejaardes

Vandat die organisasie gestig is, poog Gavin om te verseker dat daar na senior burgers se daaglikse behoeftes omgesien word. Die organisasie is daarom van skenkings van die gemeenskap afhanklik.

Gavin poog ook om elke Kersfees vir bejaardes spesiaal te maak. Hiervoor begin sy nou reeds fondse en benodighede in te samel.

LEES HIER HOE OM IN TE SKRYF: Wen handgemaakte kombers deur Wenslys vir Bejaardes

 

 

Back to top button