Nelspruit Care Buddies bring lag en gesels na SAVF Herfsakker

Die inwoners is bederf met heerlike eetgoed en het land en sand met die Care Buddies en hul mede-inwoners gesels.

MBOMBELA – Die uitbundige gelag en gesellige geselsies kon gehoor word soos ‘n mens Dinsdagoggend by die deure van SAVF Herfsakker binnegestap het.

In die saal was dit duidelik waarom: die Nelspruit Care Buddies het kom partytjie hou. Die organisasie het ook bederfpakkies met toiletware en lekkergoed aan elke inwoner uitgedeel.

LEES OOK: Care Buddies gee terug aan meer as 500 mense

Die oggend is afgeskop deur Judy Black wat met haar marionet genaamd Augustus, die inwoners in die saal vermaak het. Daarna het Black en Augustus ook die pasiënte in die siekeboeg besoek.

LEES OOK: FOTO’S EN VIDEO: Nelspruit Care Buddies bederf meer as 200 bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version