FeaturesInnibos NuusLifestyleLocal newsNews

Detensie was nog nooit só lekker gewees nie

Die Innibos-hoofverhoogkonserte, wat by jou hektoegang ingesluit is, is elke jaar 'n hoogtepunt op die fees.

MBOMBELA – Derduisende feesgangers kom voor dié indrukwekkende verhoog bymekaar om van die land se gewildste kunstenaars in aksie te sien.

Van Pletzen

Vanjaar word die eerste “Detensie”-konsert aangebied. As jy op die skoolbanke sit, weet jy tien teen een baie goed wat detensie is! Innibos bied ook vanjaar vir die heel eerste keer ‘n “detensieklas” aan, maar by dié ene gaan jy nie kan stilsit nie maar eerder lekker rock.

Straatligkinders

“Detensie” is ‘n alkohol- en rookvrye partytjie gemik op jong tieners en die lekker rock begin om 18:00 by die kykNet Nou! Rock Gigs by die netbalbane op die Innibos-feesterrein. DJ Bravo Dee, Jan Bloukaas, Straatligkinders en DJ Dean gaan musiek maak tot 22:00.

Jan Bloukaas

Streng toegangsbeheer gaan geld sodat die jonges (en hul ouers) met geruste harte kan dans en kuier.

Vrydag- en Saterdagaand se musiek by die kykNet Nou! Rock Gigs gaan onderskeidelik gemaak word deur Tidal Waves, VAN PLETZEN, Spoegwolf, Watershed, Jerry And The Bandits, Majozi, Jan Blohm en Jack Parow.

Jack Parow

Die Standard Bank-hoofverhoog se konserte skop Woensdag 26 Junie af met die grootste opelugsokkie ter wêreld – die Huisgenoot Super Sokkie. Kunstenaars soos Kurt Darren, die Campbells, Jay en Lianie, Snotkop en die Klipwerf Orkes gaan sorg dat die fees op ‘n super-hoë noot afskop! Daar gaan verskeie dansvloere wees, maar vir diégene wat net die konsert wil geniet, is daar oorgenoeg sitplek ook.

Kurt Darren

Donderdagaand is dit die kans om groot te rock by die kykNet Nou! Rock-konsert op die Standard Bank-hoofverhoog. Karen Zoid, Fokofpolisiekar, Prime Circle, Bittereinder, Harrebaard en Die Heuwels Fantasties is almal op die verhoog, waarna die afterpaartie skuif na die kykNet Nou! Rock Gigs saam met DJ Vin Deysel.

Prime Circle

Vrydagaand sorg Innibos dat die naweek op ‘n hoë noot afskop. Emo Adams, Brendan Peyper, Theuns Jordaan, Refentse en Robbie Wessels is van die kunstenaars wat optree in die Jacaranda FM Konsert.

Theuns Jordaan

Oudergewoonte is Saterdagaand die hoogtepunt met die kykNet Nou!-konsert, en vanjaar gaan dit letterlik kóók.

Meer as 14 kunstenaars gaan optree in hierdie skouspelagtige vertoning wat verlede jaar met die Fiësta weggestap het as die land se beste opelugkonsert.

Die Heuwels Fantasties

Die fees word, soos elke jaar, afgesluit met die gratis Loof Hom Innibos konsert op Sondagaand. Joe Niemand, Joshua na die Reën en Heinz Winkler is van die kunstenaars wat in hierdie sterbelaaide gratis konsert gaan optree.
Sien die volledige program by lowvelder.co.za en koop jou kaartjies by Computicket.

 

Back to top button