Local newsNews

FOTO’S EN VIDEO: Nelspruit Care Buddies bederf meer as 200 bejaardes

Hierdie tee is Woensdag by Nou's Toeka gehou waar amper 200 bejaardes met geskenke, middagete en vermaak uit die boonste rakke bederf is.

MBOMBELA – Mense dink selde dat bejaardes wat alleen of by hul kinders bly, ook ‘n bietjie vetroeteling nodig het. Dit was Nelspruit Care Buddies-voorsitter, Meisie Barnard, se sentiment by vanjaar se jaarlikse tee vir bejaardes.

Die Generiese Dansorkes het die bejaardes vermaak.

Die Generesie Dansorkes het nie net gesorg vir ‘n geleentheid om te skoffel nie, maar het ook saam met die bejaardes Noot vir Noot gespeel.

Care Buddies se Anne-Marie Viljoen dans met een van die bejaardes, Siegfried Wolff.

Dit het nie lank gevat voordat gaste die dansbaan betree het nie. Die Erasmus-egpaar, Rita en Joel, het sommer op die stoep gaan dans. “Ons word nie oud nie, maar dis snaaks want ons kinders word oud,” het hulle geskerts.

Johan Swart, Simon Reinecke en Pieter Olivier.

LEES OOK: VIDEO EN FOTO’S: Care Buddies deel vreugde by Silwerdae

Radio Laeveld se Roelf van Jaarsveld het as seremoniemeester opgetree en die gehoor het aan sy lippe gehang. “Dit is heerlik. Ek het my hele lewe lank gedans en al laat my skouer my nie meer toe nie, is dit nogsteeds wonderlik om hier te wees,” het die 89-jarige Anna Klynsmith gesê.

Len en Shirley Thoresson het buite op die stoep gaan dans.

Ten spyte van ‘n mislukte skouer-vervanging hekel en brei sy graag en het sel fs begin inkleur. Sy het die dag as ‘n absolute hoogtepunt beskou.

Elna en Jannie Möller.

Die 95-jarige Marie Erasmus het die prys vir oudste ouma (en ook oudste gas) gewen. Sy vertel dat sy saam met haar kinders op ‘n plaas bly en baie dankbaar was vir ‘n geleentheid soos dié.

LEES OOK: VIDEO and GALLERY: Dressed to the nines with Care Buddies

https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/418808712006839/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button