Local newsNews

‘Ek stem vanjaar nie weer dieselfde as 2014 nie’

According to the IEC, just under 200 000 registered voters are between the ages of 18 and 19.

MBOMBELA – South Africans are going to the polls on Wednesday. Among those expected to cast their votes are first-time voters. According to the IEC, just under 200 000 registered voters are between the ages of 18 and 19. Lowvelder asked some students and high school learners about their expectations.

Elize Visser.

Elize Visser, voorsitter van Helpende Hand se Laeveldtak: “Ek het sover nog elke keer my kruisie getrek en gaan hierdie jaar ook. Ek glo jy as kiesier kan SuidAfrika se politieke toekoms bepaal as jy stem. Elke kruisie maak ‘n verskil. Hierdie jaar stem ek ongelukkig nie dieselfde nie. Dit is weens politieke leiers wat voorheen beloftes en slimpraatjies gemaak het, maar aan die einde van die dag dit nie nagekom het nie. Jy moet kyk wat die beste vir die land en sy toekoms en mense is. Daar is eindelose groot kwessies wat aangespreek moet word. “Eskom is ‘n groot probleem en ek dink dit gaan net vererger. Dienslewering is ook ‘n groot probleem in ons land, maar jy kan ‘n verskil maak. Ek hoop dat na die verkiesing dinge in alle opsigte gaan beter wees as wat dit tans is en dat korrupsie totaal uitgeroei word. Elke kieser bepaal self die politieke toekoms van ons land.”

ALSO READ: WATCH: Lone resident does his bit to keep Mbombela clean

Moorrees Du Toit.

Moorrees du Toit, visepresident van Mpumalanga Landbou, gaan vir seker stem. “Dit is die enigste manier waarop ek ‘n daadwerklike bydrae kan lewer tot die rigting waarin die land se toekoms gaan. “Daar is nuusberigte dat die kiesersopkoms vanjaar laag gaan wees. Ek dink dit is deel van die manier hoe kiesers hul misnoeë met die huidige toestand verduidelik, of hulle is kwaad vir die regerende party. “Onder ‘n groot deel van die kiesers is daar nie ‘n onderskeid tussen regering en regerende party nie. Die regering moet die skuld dra vir al die negatiewe goed en die party moet ‘n belonging kry vir alles wat reg gedoen word. “Die regering kan nie gedwing word om enigiets te doen nie, maar beleid kan beïnvloed word.

Robin Jansma.

Robin Jansma, stasiebestuurder by Radio Laeveld: “Ek gaan absoluut stem. Al is dit net ‘n klein deel, glo ek dit is ‘n belangrike deel. Ek het in elke ander verkiesing gestem en ek wil graag die tradisie voortsit. Ek glo ook dit is ‘n goeie voorbeeld om vir jou kinders te stel. In hierdie stadium dink ek nie ek gaan dieselfde stem as in die vorige verkiesing nie – ek wag nog dat die regte boodskap my moet tref. Hierdie jaar mag ek dalk net vir ander partye ‘n kans gee. Die huidige klimaat met die moelikheid rondom die Ghoema-toekennings en motorhandelaars wat hul borgskappe onttrek, beïnvloed ook my besluit. “Myns insiens is die grootste kwessie mense se houding teenoor verdraagsaamheid, beheer en die verantwoordelikheid wat saam met daardie beheer kom. Ons het ‘n kultuur geskep van inhalerigheid in plaas van regverdigheid. Ek hoop dat hierdie kultuur na afloop van die verkiesing sal verander en dat ons met almal kan deel, nie net sekere groepe nie.”

ALSO READ: Explosive scenes at filling station robbery

Maneli Masilela (18).

Maneli Masilela (18) “I am very happy to go and vote for the first time because I believe that my vote will bring about change in my life. If I vote, I believe that the issue of land will be fast-tracked.”

Nkosinathi Hlabathi (18).

Nkosinathi Hlabathi (18) “I feel happy and find myself in an awkward space to go and vote for the first time. I hope that my vote will ensure that the party I vote for will be able to create job opportunities, bring our land back and improve education.”

Babazile Manzini (18).

Babazile Manzini (18) “I feel very excited to go and vote for a party that will govern me. I believe that the party that I will vote for will bring about changes when it comes to education, job opportunities and houses.”

ALSO READ: Deputy president joins Cosatu May Day march

Hope Maseko (18)

Hope Maseko (18) “I feel scared going to vote for the first time because I don’t know what to expect in the voting booth. Nevertheless, I’m looking forward to going and making my mark.”

Mduduzi Zulu (21).

Mduduzi Zulu (21) “I fear and feel excited at the same time for going to vote for the first time. I believe that the party that I will vote for will understand it should govern the country. The youth of this country want job opportunities.”

Bessie Pienaar (18).

Bessie Pienaar (18) “Ek gaan stem! Ek is baie opgewonde om vir my eerste keer deel te wees van my land se stemdag. Met die baie opwinding in my hart hoop ek regtig dat my medemens die belangrikheid van die dag sal besef.”

Back to top button