Local newsNews

Innibos wen fees van die jaar vir die vierde keer

"Dit is nie ons trofee nie, dis die Laeveld s'n."

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is by Donderdagaand se kykNET Fiëstas weer as die beste fees in die land aangewys.

Dié toekenning is gegrond op stemme van die publiek wat vir 2018 se feeste van regoor die land kon stem.

Volgens Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, het hulle dit glad nie verwag nie, “maar ons het aanhou hoop”.

Speogwolf by verlede jaar se fees. Foto: Benno Stander.

Sy vertel dat hulle baie dankbaar is vir al die ondersteuning wat hulle van die publiek ontvang het. “Dit is nie ons trofee nie, dis die Laeveld s’n,” het ‘n opgewonde Jacobs vertel.

“Ons is nou ampetelik die fees wat die toekenning al die meeste kere gewen het,” sê Jacobs. Die fees het in die nege bestaansjaar van die kompetisie al vier maal gewen.

LEES OOK: Innibos rol met van SA se gunstelingkunstenaars

Lianie May en Jay by 2018 se konsert. Foto: Benno Stander.

Volgens die fees se Facebook-blad het hulle ook die prys vir die beste buitelugkonsert gewen. Dit is aan hulle toegeken vir die kykNET-konsert wat op Saterdag 30 Junie 2018 plaasgevind het.

Dié skouspel is deur Barry Pretorius aanmekaar gesit en het kunstenaars soos Ray Dylan, Theuns Jordaan, Jo Black en Lianie May ingesluit.

Jacobs vertel dat hulle reeds opgewonde is vir vanjaar se fees wat van 26 tot 29 Junie plaasvind.

Sandra Prinsloo en Franci Swanepoel in Soebatsfontein by 2018 se fees. Foto: Mia Louw/Innibos

Kaartjieverkope begin op 1 Maart. Vir meer inligting kan die fees se Facebook-blad besoek word.

LEES OOK: Rock na hartelus by vanjaar se fees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button