Local newsNews

Eskort maak hart oop vir die gemeenskap

Dié winkel sit gereeld hand by as dit kom by liefdadigheidsorganisasies en maak 'n punt daarvan om terug te gee aan die gemeenskap wat hulle ondersteun.

MBOMBELA – “Vir Eskort is dit baie belangrik om terug te ploeg in die gemeenskap en dankie te sê vir hul volgehoue ondersteuning.” So sê die eienaar van die Eskort-winkel in Mbombela, André McDonald. Die winkel het Dinsdag in samewerking met die Care Buddies, ‘n pak vleis aan Laeveldrus Ouetehuis oorhandig.

Die winkel het onlangs ook aan Silverdae-ouetehuis in Waterval Boven so ‘n skenking gemaak.

“Vir die bejaardes is dit ‘n bonus om vleis in hulle disse te gebruik – dis vir hulle soos Kersfees,” sê Laeveldrus se verteenwoordiger Marius Crouse.

LEES OOK: Good Samaritans help Silverdays old age home

Dit is vir Eskort ‘n voorreg om hande te vat met die Care Buddies. “Hulle verseker dat alle organisasies dieselfde hoeveelheid aandag kry,” het McDonald gesê.

Eskort het ook ‘n liefdadigheidsinisiatief in die winkel begin. Hier het klante die geleentheid om hul strokies by ‘n liefdadigheid van hul keuse se houer in te gooi.

Volgens McDonald word twee persent van die totale bedrag van die strokies aan die einde van die maand aan elkeen van die liefdadigheidsorganisasies geskenk.

LEES OOK: Special care for Herfsakker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Check Also
Close
Back to top button