Die 2018 Nelspruit Eisteddfod skop af

Gaan loer gerus by die Communio-kerk na die wornderlike talent wat op die verhoog te sien is.

MBOMBELA – Die Nelspruit Eisteddfod het Maandag by die Communio-kerk met Afrikaanse drama afgeskop. Die jaarlikse eisteddfod, waaraan duisende kunssinnige leerlinge van regoor die Laeveld deelneem, duur tot 31 Augustus.

Kom sien en ondersteun gerus die Laeveld se beste jong kunstenaars in al die genres van die uitvoerende kunste: drama, dans, sang en instrumenteel.

LEES OOK: Eisteddfod open to all who are passionate about the arts

Daar is ook ‘n afdeling vir visuele kunste en fotografie. Kry die volledige program by www.nelspruiteisteddfod.co.za.

Donderdagoggend het die leerders van Pro Gratia-leersentrum ‘n A++ losgeslaan vir hulle aanbieding van “Skoolgedagtes” – ‘n samestelling van Jaco Jacobs se gedigte.

LEES OOK: Nelspruit Eisteddfod se gala-aand skitter

Exit mobile version