Local newsNews

Ralph Haynes raaisel word aangespreek in nuwe boek

In Izak du Plessis se nuwe boek praat hy oor die raaisel rondom Ralph Haynes. Hy bespreek die boek Donderdagaand by Laevelder se Pen in my Hand.

MBOMBELA – Mafiabaas, krimineel, geliefde vriend en gevreesde sakeman… Dit is maar net ‘n paar van die beskrywings wat aan Ralph Haynes toegeskryf word.

Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie uit mense geswendel.

Hy was ook bekend vir weelderige partytjies saam met sy vrou Jackie en laataande saam met vriende soos wyle Joost van der Westhuizen en Steve Hofmeyr. Ralph het in 2011 spoorloos verdwyn nadat hy in ‘n helikopter geklim het. Die raaisel oor sy verdwyning bly tot vandag toe onopgelos.

Steve Hofmeyr en Ralph Haynes.

LEES OOK: VIDEO: Petrovna verwesenlik jare lange droom met nuwe Ingrid-boek

Die joernalis Izak du Plessis werp lig op die lewe en verdwyning van hierdie raaiselagtige figuur in sy nuwe boek Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand. In die boek het hy onderhoude gevoer met dié wat na aan Ralph was in ‘n poging om ‘n beter prentjie van sy lewe te skets.

Du Plessis kom Donderdag by Laevelder se Pen in my Hand-geleentheid oor hierdie boek gesels. Dit begin om 18:00 by A Bica-koffiewinkel. Kaartjies vir die aand beloop R50 per persoon en sluit ‘n aandete in. Bespreek by 062-422-6842.  Moenie hierdie geleentheid misloop nie.

LEES OOK: Du Plessis deel stories oor swierbolle en swerkaters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button