Sit die bal aan die rol met Huisgenoot

Die Innibos afskop konsert it altyd die begin van 'n prettige fees.

Jy kan uitsien na die meesleurende en inspirerende musiek van Dewald Wasserfall en die sielvolle lirieke en fluweelstem van Riana Nel.

Bobby van Jaarsveld gaan weer eens die gehoor laat saamsing en hulle bekoor met sy eerlike verhoogpersoonlikheid, en die aantreklike trio van Adam sal beslis ‘n paar harte vinniger laat klop.

Lees meer: INNIBOS 2018 – PROGRAM


Dit sal jou kans wees om jou ander helfte nader te hark vir ‘n sokkie wanneer Juanita du Plessis en Die Campbells aan die beurt kom. As jy eerder nie jou twee linkervoete ten toon wil stel nie, sal jy kan saamsing met dekades se country en talle goue oues.

Lees meerInnibos Kuns-in-beweging-Parade 2018

Daar is altyd ‘n paar verrassings deur die loop van die aand, so maak seker jy bly tot die “gordyn” sak.
As jy die Huisgenoot Afskopkonsert geniet, maar seker jy maak weer so. Daar is elke aand vanaf 18:00 ‘n produksie propvol kunstenaars wat alles van pop en rock tot alternatief dek.

Exit mobile version