Boek oor gaydebat onder loep geneem

Die redelike onverkwiklike gesprekke het heelwat aandag in die media gekry en dit dreig nou om op 'n slordige hofsaak uit te loop.

MBOMBELA – ‘n Mens wonder of die Afrikaanse gay gemeenskap werklik in die Afrikaanse kerke tuis hoort.

Meer nog is die vraag, of die gemeenskap hier tersprake regtig daar wíl wees?

Dit is een van die vrae wat die afgelope jare ontstaan het sedert die kerkvaders, veral binne NG Kerkgeledere, die aanvaarbaarheid van sogenaamde gay mense binne die kerk begin bespreek en debatteer het.

Die redelike onverkwiklike gesprekke het heelwat aandag in die media gekry en dit dreig nou om op ‘n slordige hofsaak uit te loop.

Lees ook: Isis fighters infiltrate neighbouring Mozambique (Part 1)

Dr. André Bartlett.

Dit is dan ook hierdie om-strede kwessie wat aanstaande week by Laevelder se maandelikse boekgeleentheid, Pen in my Hand ter sprake sal wees met die bekendstelling van die bekende NG teoloog en kerkleier, dr. André Bartlett se boek Weerlose Weerstand op Woensdag 18 April by A Bica-koffiewinkel.

Die boek is ‘n persoonlike relaas van dié lang, komplekse proses in die NG Kerk oor die gay-kwessie. Die verskillende verslae wat voor die sinodes gedien het, die besluite wat daaruit voortgevloei het en die stories daaragter word uit ‘n persoonlike perspektief behandel.

Bartlett poog die afgelope 16 jaar lank al om gays binne hulle eie aard deur die kerk aanvaar te kry.

Bartlett is hoof van Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria. Hy was voorheen predikant van die NG Kerk in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg.

Lees ook: Islamic radicals target SA schoolchildren (Part 2)

Hy sê die boek lewer ‘n bydrae om die weerstand van gay en lesbiese persone verstaanbaar te maak vir mense wat sukkel om dit te begryp.

Bartlett is ‘n gerekende kerkleier wat ‘n ruk gelede uit die algemene moderamen, die kerk se hoogste besluit-nemingsliggaam, bedank het nadat aanvanklike besluite om gay kerkgangers volle toegang tot die kerkorde te gee, weer terug getrek is.

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ‘n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem.

Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef.

Lees ook: Terror groups in SA – the shocking facts (Part 3)

By die bekendstelling gaan daar ook geleentheid wees vir vrae. Dis nie aldag dat so ‘n omstrede kwessie hom in die openbaar hier in die Laeveld voordoen nie en dit sal interessant wees om te sien watter gesprek ‘n mens te wagte
kan wees.

Besreek plek by A Bica by 073-329-9238. Toegang is R50 en sluit ‘n heerlike aansitmaal in. ‘n Kontant-kroeg is beskikbaar. Die geleentheid begin om 18:00 en die boek sal te koop wees.

Lees ook: Illegals flock to home affairs (Part 4)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version