Eerste vergadering vir boek oor ons plaaslike omgewing

Die byeenkoms is gelei deur die bekende Laeveldse geskiedskrywer, Hans Bornman wat reeds begin het om waardevolle inligting in te samel.

Heelwat belangrike inwoners van die omgewing was Saterdag bymekaar met die eerste byeenkoms om inligting vir die samestelling van ‘n boek oor die geskiedenis van die dorp en omstreke te bespreek.

Die byeenkoms is gelei deur die bekende Laeveldse geskiedskrywer, Hans Bornman wat reeds begin het om waardevolle inligting in te samel. Beperkte inligting oor die geskiedenis van Hazyview en sy omgewing is juis aangeteken in Bornman se boek, Pioneers of the Lowveld wat tans weer hersien word vir ‘n derde druk. Hy sê meer bronne vir ‘n publikasie gewy net aan die dorp en streek word ook nou ondersoek. Daar is veral ‘n behoefte aan fotografiese materiaal. Die projek is die inisiatief van Mpumalanga Erfenis wat vroeër as die Mpumalanga Historiese Belangegroep bekendgestaan het, in samewerking met Laevelder se susterpublikasie, Hazyview Herald.

Die volgende stap is ‘n gebieds- besoek wat vir Saterdag 25 Junie beplan word. Plekke en roetes van historiese belang sal vooraf bepaal word en daar word gewag op voorstelle. Die bymekaarkomplek is 08:00 by die gazebo.

Teenwoordig by die eerste vergadering was onder meer Willem, Ernst en Lerina Schmidt, Peggy Kuschke, Andy McQueen, John en Heather Duff, Bella Blerkemeyer en Barne en Michelle Pretorius. Dr. Gerrit Haarhoff en het verskoning gemaak, maar sê hy is gewis by met die volgende byeenkoms. Willie Fick, wat die groep by die gazebo by Pioneer Grill ontaal het, het ook verskoning gemaak. Marius Bakkes, ondervoorsitter van Mpumalanga Erfenis, sê hy is bewus van vele ander wat ook goeie kennis en belangstelling van die geskiedenis van die omgewing het. Hy hoop dat nog meer mense nou na vore sal kom. Sulkes kan hom kontak by mariusb@lowvelder.co.za of 013-754-1600 gedurende kantoorure.

Exit mobile version