Hard newsHealthLifestyleLocal newsNews

Arthur verkeerd gediagnoseer

"Hy braak nie meer bloed nie en het goed geëet."

MBOMBELA – Dit blyk dat die negejarige Arthur Cilliers moontlik die hele tyd verkeerd gediagnoseer is.

Na weke se stryd teen sy toestand wat aanvanklik as Crohn se siekte uitgewys is, beweer dokters nou dat hy moontlik aan inflammatoriese dermkanaal-siekte ly. Volgens Vicky Muller, Arthur se tannie, is daar glo ‘n fyn lyn tussen Crohn- en dermsiekte. Arthur se ma, Alana, het Vrydag aan Laevelder gesê dat dié diagnose egter nog nie bevestig is nie en dat Arthur se maag eers die nodige rus moet kry voor sommige van die toetse uitgevoer kan word om dit te bepaal. Volgens Alana het dokters wel begin om hom met ander medisyne te behandel waarop Arthur goed reageer. “Hy braak nie meer bloed nie en het goed geëet. Dit is verblydende nuus vir ons,” het Alana verheug vertel.

Sy sê dit is ‘n geweldige groot verligting en dis wonderlik om te sien dat haar seuntjie weer vir die eerste keer in weke kleur in sy wange het. Arthur is Maandag weer in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria opgeneem.

Alana het Vrydag egter bygevoeg dat ‘n dokter van Unitas ook by Arthur sou kom besoek aflê het.

*Lees meer oor die nuuste verwikkeling in môre se Laevelder. Dit is intussen bevestig dat Arthur wel nie inflammatoriese dermkanaalsiekte het nie.  Hy behoort ook die naweek terug te keer huis toe.

Back to top button