EntertainmentLifestyleLocal newsNewsReviews

Staan ‘n kans om ‘n fantastiese geskenkpakkie te wen!

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Skryf dadelik in en staan 'n kans om 'n fantastiese CD-pakket, wat deur jou gunstelingkunstenaars geteken is, te wen!

Die Loffees beloof om hierdie jaar groter en beter te wees. Bekende kunstenaars soos Nianell, Andriëtte Norman en David Fourie, sal vir topvermaak sorg. Die geleentheid sal Sondag 7 Desember by I’langa Mall om 16:30 plaasvind en kaartjies kos R20.

Navrae: Hannelie Lombaard by 072-262-3319.

Lesers staan ‘n kans om vyf fantastiese CD’s van hul gunstelingkunstenaars te wen:

  • David Fourie – ‘n Stukkie Hemel
  • Nianell – Just Be
  • Andriette – Wat ruim met liefde
  • Rudie Muller – Tetelestai
  • Onbeskaamd Sprakeloos

Al wat jy moet doen is om hierdie eenvoudige vraag in die vorm te beantwoord:

2014 Loffees

Dié wat die vraag korrek beantwoord het, sal outomaties vir die gelukkige trekking ingeskryf word. Beoordelaars sal egter die gelukkige wenner aanwys. Let op dat die beoordelaars se keuse finaal is.

Die CD-pakket, wat kunstenaars se handtekening sal bevat, sal slegs die aand van die vertoning gekry kan word. Dit sal in die middelvlak van die parkeerarea oorkant Mercure Hotel plaasvind.

Die program is soos volg:

16:30 – 16:50 Plaaslike kunstenaars

16:50 – 17:00 Lindie Strydom

17:00 – 17:30 Rudi Muller

17:30 – 18:00 David Fourie

18:00 – 19:00 Onbeskaamd/Kollekte

19:00 – 19:30 Andriette Norman

19:30 – 20:00 Nianell

Die kompetisie sal Vrydag 5 Desember om 08:00 sluit. Die organiseerders sal die gelukkige wenner telefonies kontak.

Deur in te skryf,  word Laevelder toestemming gegee om die wenner se foto in beide koerant- en aanlynartikels te publiseer.

Kliek hier vir bepalings en voorwaardes.

Back to top button