FoodHealthLifestyleLocal newsNews

Skoolprestasie ly onder wanvoeding

Vitamienaanvullings kan kinders se akademiese prestasies verbeter. Plaaslike skoolkinders kry nie genoeg mikrovoedingstowwe in hul ontbyt nie. Dit is veral belangrik gedurende eksamentyd om akademies optimaal te presteer. Só sê dieetkundige, Inge Nieder-Heitmann van LiveWell Dieetkundiges in Mbombela. “Kinders benodig omega-3 vir breinontwikkeling. Dié mikronutriënt kom in vis soos tuna voor. Omdat ‘n mens nie …

Vitamienaanvullings kan kinders se akademiese prestasies verbeter. Plaaslike skoolkinders kry nie genoeg mikrovoedingstowwe in hul ontbyt nie. Dit is veral belangrik gedurende eksamentyd om akademies optimaal te presteer.

Só sê dieetkundige, Inge Nieder-Heitmann van LiveWell Dieetkundiges in Mbombela. “Kinders benodig omega-3 vir breinontwikkeling. Dié mikronutriënt kom in vis soos tuna voor. Omdat ‘n mens nie regtig vis vir ontbyt eet nie, moet ‘n voedingsaanvulling geneem word.”

‘n Goeie alternatief is Future Life. “Dié graankos is ryk aan minerale en vitamiene en het ‘n lae glisemiese indeks (GI).”

Volgens Nieder-Heitmann is ouers ook te besig om ‘n gesonde middagete vir hul kinders skool toe in te pak. “Hierdie probleem is wêreldwyd. Ouers het ‘n verantwoorde-likheid om vir hul kinders kos met ‘n lae GI-telling wat volhoubare energie verseker, in te pak – veral as hulle na skool sport beoefen. Pleks daarvan kry die kinders snoepiegeld.”

Die onvoldoende voeding van skoolkinders is ‘n probleem op meer as een vlak. Dit het tydens ‘n onlangse Engenius-werkswinkel na vore gekom. Dit is ‘n program wat deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) ondersteun word en wat kinders aanmoedig en oplei om ingenieurswese as loopbaan te kies.

Dit vereis dat kinders gefokus bly en helder dink wanneer hulle fisiese aktiwiteite doen, soos om motors te bou of myntoerusting te ontwerp.

Sandisa Maqubela, fasiliteerder van die werkswinkel, het egter gemerk dat kinders swak presteer en dat hulle aandag maklik dwaal. Sy pak die skuld op wanvoeding. “Dit is belangrik vir kinders om genoegsaam gevoed te word om aan hierdie en enige ander akademiese aktiwiteite deel te neem,” sê sy.

Maqubela maan dat kinders eendag die werkende klas gaan wees, maar dat hulle skoolprestasies die rigtings waarin hulle kan werk, beperk. Sy bied dus dié werkswinkels aan om hulle aan te spoor om ingenieurs te word.

Nieder-Heitmann en Maqubela moedig ouers ook aan om vitamien- en mineraalaanvullings vir hul kinders te gee om hul akademiese prestasie, veral gedurende eksamens, ‘n hupstoot te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button