Dozi kook by Stables

Desmond was so gaaf om die konsert gratis aan die gemeenskap te bied omdat dit hom so baie deur die jare ondersteun.

MBOMBELA – Dozi is beslis nie ‘n onbekende gesig in die stad nie en hy het weer hard “geruk en rol” by Stables verlede naweek. Hierdie was nie net enige konsert nie, maar ook die viering van Desmond Bowman, eienaar van Stables, se 40ste verjaardag. Desmond was so gaaf om die konsert gratis aan die gemeenskap te bied omdat dit hom so baie deur die jare ondersteun.

Bowman het alle Laevelders versoek om blikkieskos saam te vat en dit in ‘n boks by die deur te sit. Dié kos sal dan aan die Nelspruit Gemeenskapsforum (NGF) geskenk word.

Aanhangers van Dozi het behoorlik kop geskud en hy het die aand met een van sy geliefde treffers, “Grassade” geopen. Dit het almal behoorlik in die regte bui gesit. Hy het onlangs sy 18de album vrygestel en van sy ou en nuwe liedjies gespeel. Bowman het Dozi ook nou en dan voor die mikrofoon vergesel en lekker saam sy goeie vriend gesing. Volgens hom het nie baie mense blikkieskos gevat nie, maar well donasies gelos.

“Dit was ‘n baie suksesvolle aand en die mense het die konsert baie geniet. Ek sal nog blikkieskos koop en dit ook na NGF vat,” sê Bowman. Na meer as 10 jaar in die bedryf bly hy steeds sy kuierplek vernuwe en is dankbaar vir al sy ondersteuners.

Sien foto’s hier

Exit mobile version