Anton Smit word nie meer aangekla nie

Die saak teen hom is Donderdag van die rol verwyder.

MBOMBELA – Die strafsaak teen mnr. Anton Smit (38) is Donderdag in die Nelspruit Landdroshof van die rol verwyder vir verdere ondersoek. Hy is in Mei vanjaar van die onwettige besit van olifanttande en luiperdvelle ter waarde van meer as R54 000 aangekla.

Daar is egter Donderdag bevind dat die bewyse teen Smit nie op hierdie stadium verdere vervolging regverdig nie en die saak teen hom sal eers weer aanhangig gemaak word indien die polisie met genoegsame bewyse vorendag kom.

Laevelder het vroeër berig dat lede van die Valke en die Mpumalanga Toerisme- en Parkeraad se ondersoekeenhede in April vanjaar inligting ontvang het dat Smit die goedere sonder die nodige permitte in sy besit gehad het. Ondersoekers het op 29 April op Smit se huis toegeslaan.

Die Valke se provinsiale woordvoerder, lt. Dineo Lucy Sekgotodi, het aan Laevelder gesê dat vier olifanttande in sy besit gevind is. Twee weeg vier kilogram elk en die ander twee die hefte soveel. “Hy het ook luiperdvelle ter waarde van R40 000 in sy besit gehad,” het sy gesê.

Toe Smit Donderdag in die hof moes verskyn, was die klagstaat weg. ‘n Klagstaat omskryf die klagtes teen die beskuldigde. Selfs al sou ‘n nuwe een opgestel word, sou dit in hierdie geval van weinig waarde wees, aangesien die Valke se ondersoek nie volledig genoeg was vir die vervolging om met die saak teen Smit voort te gaan nie.

Die Valke sal nou forensiese toetse op die fonds laat doen.

Smit het aan die koerant gesê hy was nog altyd eerlik met die polisie. Hy sê dit is al verskeie jare in sy besit.

Hy het die tande in Mozambiek gekoop en die velle geskenk gekry van iemand in Namibië. Hy voer aan dat hy nie geweet het dat hy permitte vir die tande en velle benodig het nie.

Lees ook: Valuation Appeals Board rejects Leopard Creek’s argument

Lees ook: -55°C? Dis sy tipe weer!

Exit mobile version