Opvolg: Annatjie Myburgh se lyk gekry

Daar is geen sigbare wonde aan haar lyk nie.

08:45, 19 Junie – WITRIVIER- Me. Annatjie Myburgh se lyk het geen sigbare wonde nie.

Laevelder het betroubaar verneem dat die verdagte wat weens haar dood in hegtenis geneem is, beweer sy het ‘n hartaanval gehad.

Haar lyk is in ‘n veld in die Numbi-area, onderweg na die wildtuin se Numbi-hek, gekry. Haar handsak is naby haar gekry.

Haar Pajero is in Kabokweni gevind waar dit naby beeskrale versteek was. Die wiele is almal na bewering afgesteel.

O3:45 – WITRIVIER – Me. Annatjie Myburgh (58) is dood. Haar lyk is ontdek en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

Lees ook: Ondersoek nou in “sensitiewe stadium”
Kapt. Pieter Smit, bevelvoerder van die polisie se blitspatrollie, het dit pas aan Laevelder bevestig.
Dit volg nadat die polisie en sekuriteitsbeamptes inligting oor twee verdagtes opgevolg het.

Die Facebook-inskrywing wat sowat ‘n halfuur gelede op die groep “Bid vir Annatjie Myburg” (sic) gemaak is.

“Pogings om die tweede verdagte te arresteer was onsuksesvol, maar die ondersoek duur voort. Ons sal nie rus voor hy ook aan die pen ry nie.”
Myburgh se familie is reeds in kennis gestel en Smit het sy meegevoel aan hulle betuig.

Mnr. Wendell Myburgh, Annatjie se man.

Lees ook:
Geloofsvraag bly vassteek in Annatjie Myburgh se seun se hart
Honderde verenig in gebed vir Annatjie

Exit mobile version