Honderde verenig in gebed vir Annatjie Myburgh

Mense het gehuil en genoem dat Myburgh se verdwyning vir hulle baie kommerwekkend en tragies is.

WITRIVIER – Daar heers ‘n somber atmosfeer by Casterbridge waar honderde mense bymekaar gekom het om vir die vermiste me. Annatjie Myburgh te bid.
‘n Plaaslike prediker het die byeenkoms met gebed geopen waarna die mense groepies gevorm en verder gebid het.

Myburgh se gesin was ook daar. Mense het gehuil en genoem dat Myburgh se verdwyning vir hulle baie kommerwekkend en tragies is.

Intussen volg die polisie en plaaslike sekuriteitsbeamptes nog alle moontlike leidrade op. Dit nadat hulle vroeër vandag gevra het dat vrywilligers liefs nie weer in nabygeleë bosse en plantasies moet gaan soek nie, aangesien die ondersoek nou op ‘n “sensitiewe” stadium is.

Video verskaf deur Suburb.News

Lees ook:

Annatjie Myburgh: Ondersoek in ‘sensitiewe stadium’

Annatjie Myburgh: the search continues

Exclusive: Missing Annatjie Myburgh’s husband talks about ordeal

Annatjie Myburgh: Vrydagoggend

Annatjie Myburgh: nog geen teken van haar of haar voertuig

Exit mobile version