Reën bring skade en tog verligting vir boere

Gemengde gevoelens tussen boere oor die reënval.

NELSPRUIT – Die hewige reënval van die afgelope paar dae het verligting vir vee- en saaiboere in die provinsie gebring.

“Reën is altyd goed,” het mnr. Hennie Laas, hoofbestuurder van Mpumalanga Landbou aan Laevelder bevestig. “So baie reën hierdie tyd van die jaar het beslis sommige van die laataand-plantings gered.”

Laas het verder genoem dat dit beslis goeie vooruitsigte vir die winter bring in die landbou-bedryf.

“Dit sal beslis baie boere se omstandighede dramaties verbeter.”

Die aanhoudende reën sal dan ook die watervoorrade in damme aanvul. Verskeie boere in die Onderberg het egter skade gely soos pompe en ander implemente wat weggespoel het.

Oud-boerbokteler mnr. John Joubert het bevestig dat hy nie weet van enige boere in die Nelspruit-omgewing wat skade gely het direk as gevolg van die reën nie.

Teen druktyd was daar geen groot skade aangemeld ten opsigte van plaaslike boerderye nie.

Exit mobile version