NET Afrikaans vat hande met mediastaatmaker Laevelder

NET Afrikaans, die eerste betaalde kyk-op-aanvraag-televisievermaaklikheidsnetwerk, wat op 31 Mei 2021 die lig gesien het, span nou kragte saam met Laevelder vir splinternuwe, eksklusiewe Afrikaanse inhoud.

Die handelsnaam is afgelei van Netwerk Afrikaans, en sou kykers dit verkies, kan dit aanvullend tot ander kanale gekyk word. Die koste om aan te sluit beloop slegs R49 per maand. Tans bied ons intekenare meer as 15 splinternuwe reekse, en nuutgeskepte produksies word deurentyd op die vermaaklikhedsnetwerk gelaai om volhoubare kykgenot van topgehalte te verseker. Koop u subskripsie by www.net-afrikaans.com.

’n Paar van die nuwe leefstyl- en vermaakprogramme wat NET Afrikaans eksklusief bekendstel, sluit in:

Ouma se raad: met Daniel Hoffmann asaanbieder. Verskeie Suid-Afrikaanse oumas berei hul gunstelingdisse voor terwyl hulle boererate uitruil en staaltjies uit hul kinderjare oorvertel. Dié uiters gewilde program se tweede reeks word binnekort in Mbombela vervaardig.

Daniel Hoffmann.

Slagpen: Slagpen, met Marius Barnard, sal vir die vuurwapenliefhebber ’n nuwe wêreld oopmaak.

HoekToe: ’n Aktuele komiese hengel- en geselsprogram met visvangverwante stories en staaltjies, met Pieter Rischmüller. ’n Nuwe reeks wat handel oor sosiale media en die gevare daarvan, Tot die punt, met TikTok-bekende Marlize Lloyd is tans in produksie.

 

Sportentoesiaste behoort KatKoors, ’n werklikheidsprogram wat handel oor rofstoei, en Smiley en die sport grotes, waarin Werner Swanepoel met verskeie sportlegendes gesels, te geniet. Lekker kreatiewe vermaak vir die jongspan is natuurlik ook op NET Afrikaans beskikbaar, soos Spoeg en Plak met Bee Bee die by, Dienkie en Doedels en Appelliefie en die Reus. NET Afrikaans is trots om betrokke by Laeveld Media se uiters gewilde program, In die stoel met Laevelder, wat onlangs op YouTube geloods is, te wees.

Exit mobile version