News

Kaycee Fincham herstel tuis ná motorongeluk in Limpopo

Die 15-jarige Kaycee sien daarna uit om die nuwe skooljaar saam met haar vriende te betree na 'n grusame motorongeluk.

Dié 15-jarige Kaycee Fincham, wat op 26 Desember ernstig in ’n motorbotsing beseer is, is vandag uit Mediclinic Nelspruit ontslaan.

Sy was ’n passasier in die voertuig wat die lewe van Wendy Oertel (38) geëis het.

Die bestuurder, Heino Meiring (18), Oertel en Kaycee was vanaf die ATKV Eiland Spa terug na die Laeveld onderweg.

LEES OOK: Kaycee Fincham herwin bewussyn na motorongeluk in Limpopo

Hulle was ongeveer 30 km van die oord af toe hulle net ná 09:00 trompop met ’n minibustaxi gebots het. Oertel, wat glo agter gesit het, is opslag dood.

Oertel se herdenkingsdiens sal op 4 Januarie plaasvind.

Kaycee se beserings sluit breke aan haar kaak en neusholte, krake aan vier van haar werwels, beserings aan haar milt en lewer, asook bloeding en vog op haar longe in.

Volgens haar pa, Kelvin, is die dreineringspype op Nuwejaarsdag uit haar longe gehaal. Sy is ook na ‘n algemene saal oorgeskuif, sê hy.

Hy sê sy sal na haar ontslag uit die hospitaal tuis herstel. Sy sal ook vir die volgende ses weke ‘n nekstut, voetstut en armslinger vir haar sleutelbeen dra.

Sy sal fisioterapie vir al die beserings en die teer op haar longe ondergaan. Hulle glo dat sy die nuwe skooljaar saam met haar vriende sal kan begin.

LEES OOK: Laeveld-vrou op haar verjaardag op Limpopo-pad dood

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button