Local newsNews

Moonshine Country Blues Band van Lydenburg se klanke val sag op die oor

'n Tikkie Afrikaanse sjarme maak dié countrygroep uniek. Lees hier meer oor die groep.

Louis (34) en Francois (37) Fourie staan as die
Moonshine Country Blues Band bekend. Die twee broers is van die Bosfontein-distrik buite Lydenburg

Musiek is in hul bloed; hulle het vanaf ’n jong ouderdom kitaar en klavier gespeel. Op sy 10de verjaardag was Francois se geskenk van sy pa ‘n banjo, hy het homself leer speel, en die res was geskiedenis.

Francois en Louis Fourie.

Hulle eerste groepsoptrede was in 2016 op Dullstroom. Hulle het vinnig opgang by plaaslike feeste in Mbombela en ook Botswana gemaak. Hulle het al ’n Kaapse toer gedoen, en nog een vind binnekort plaas.

Hul musiekinspirasie loop wyd, maar ’n countrygroep sal nie getrou aan dié genre wees sonder musiek van Johnny Cash, John Denver, Don Williams en Kenny Rogers nie.

Hierdie groot countrygeeste dien egter slegs as ’n inspirasie, want hulle speel hul eie verwerkings van die oorspronklike weergawes.
Soos Francois sê: “Ons sit ons Moonshine-flavour daarop.”

Lees ook: Mikpunt van minimum 300 emmers vir behoeftiges in Lydenburg

So na ’n halfuur se gesels noem hulle eers dat hulle in 2019 drie SouthAfrican Country Music Association Foundation-toekennings losgeslaan het.

Die een toekenning was vir die beste oorspronklike enkelsnit, “Doin’ it good”, wat deur Louis geskryf is. Hy het die toekenning as beste nuwe sanger en Moonshine het die toekenning as beste nuwe countrygroep gewen.

Francois Fourie.

“’n Baie goeie vriendin van ons,Vickey de Jager, wat in 2021 oorlede is, het ons baie geïnspireer en op soveel moontlik plekke ons musiek gespeel. Sy was ook vir ’n kort tydjie deel van die groep. Dit was een van my beste herinneringe aan haar dat sy so positief oor ons musiek was,” het Louis gesê.

Elaine Grobler van Global Artists het Moonshine in Februarie 2019 begin bestuur, en die broers is baiedankbaar vir haar leiding en dierigting waarin sy hul musiekloopbaan gestuur het.

Dié twee is beide sangers in die groep, Louis speel dromme, kitaar en mandolien terwyl Francois banjo ook speel.

Louis Fourie.

Beide is gesinsmanne wat verkies om hul families uit die kollig te hou. Gedurende die week het hulle ’n paar ysters in die vuur wat hulle besig hou.

Die broers is bykans elke naweek by ’n fees of klub waar die mense lekker op hul musiek kuier en dans.

Die Oppi-Plaasfees in Dullstroom was vir hulle ’n hoogtepunt, want net gevestigde kunstenaars word soontoe uitgenooi.

Volg die groep op Facebook onder Moonshine Country Blues Band om meer inligting oor hul vertonings te bekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button