Rooikatte van Lydenburg vier jaar van kookwaterrugby

Die span het vanjaar die Ehlanzeni Mayor's League (Laeveld-liga) en die Mpumalanga Rugby Union Mayor's Cub verower.

Na ‘n suksesvolle jaar op die rugbyveld het die Rooikatte Rugbyklub ‘n rede om hulself op die skouer te klop.
Op 4 November het die jaarlikse vriendskaplike wedstryd teen die ‘oumanne’ en die span plaasgevind.

Daarna is die spelers by die prysuitdeling by Rooikatpark vereer. Die Rooikatte is op 5 Augustus as die wenners van die Mpumalanga Rugby Union Mayor’s Cub aangewys, ná hul oorwinning van 53-7 teen die Sabels van Standerton. Hulle is ook die 2023-wenners van die Ehlanzeni Mayor’s League (Laeveld-liga) gekroon.

Lees ook: Humor en sjiekheid seëvier in Mbombela soos net Nataniël kan

Die uitslae is soos volg:
• Speler van die jaar: Donovan Theart
• Eerstespanvoorspeler van die jaar: Philip Hennop
• Eerstespanagterspeler van die jaar: Christiaan Labuschagne
• Beste verdediger: Clinton Siyaboni
• Beste voorry-aanvaller: Xolisa Ngqandana
• Beste agterry-aanvaller: Calvin Schambriel
• Beste kombinasie, agterry: Christiaan Labuschagne en Calvin Schambriel
• Beste kombinasie, voorry: Andries Zulu, JC Beetge, Jason Jackson en Marinus Colsby
• Agterspeler van die jaar, nuweling: Calvin Shambriel
• Opkomende voorspeler van die jaar: Prince Ncongwane
• Hoender van die jaar: Johan Vorster
• Gryskatte van die jaar: Cassie Steyn en Johan Vorster
• Spelers se speler van die jaar: Christiaan Labuschagne
• Meeste punte aangeteken: Donovan Theart
• Meeste drieë aangeteken: Christiaan Labuschagne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version