Na ‘n suksesvolle jaar op die rugbyveld het die Rooikatte Rugbyklub ‘n rede om hulself op die skouer te klop.
Op 4 November het die jaarlikse vriendskaplike wedstryd teen die ‘oumanne’ en die span plaasgevind.
Daarna is die spelers by die prysuitdeling by Rooikatpark vereer. Die Rooikatte is op 5 Augustus as die wenners van die Mpumalanga Rugby Union Mayor’s Cub aangewys, ná hul oorwinning van 53-7 teen die Sabels van Standerton. Hulle is ook die 2023-wenners van die Ehlanzeni Mayor’s League (Laeveld-liga) gekroon.
Lees ook: Humor en sjiekheid seëvier in Mbombela soos net Nataniël kan
Die uitslae is soos volg:
• Speler van die jaar: Donovan Theart
• Eerstespanvoorspeler van die jaar: Philip Hennop
• Eerstespanagterspeler van die jaar: Christiaan Labuschagne
• Beste verdediger: Clinton Siyaboni
• Beste voorry-aanvaller: Xolisa Ngqandana
• Beste agterry-aanvaller: Calvin Schambriel
• Beste kombinasie, agterry: Christiaan Labuschagne en Calvin Schambriel
• Beste kombinasie, voorry: Andries Zulu, JC Beetge, Jason Jackson en Marinus Colsby
• Agterspeler van die jaar, nuweling: Calvin Shambriel
• Opkomende voorspeler van die jaar: Prince Ncongwane
• Hoender van die jaar: Johan Vorster
• Gryskatte van die jaar: Cassie Steyn en Johan Vorster
• Spelers se speler van die jaar: Christiaan Labuschagne
• Meeste punte aangeteken: Donovan Theart
• Meeste drieë aangeteken: Christiaan Labuschagne.