Local newsNews

Borgtog vir vermoorde Megan Griesel geweier

Die verdagtes staan ook op sake van besigheidsroof, gewapende roof en die oortreding van die plofstofwet tereg.

Die borgaansoek van twee mans, beide 27, wat vir die moord op Megan Griesel (20) in hegtenis geneem is, is op 14 November geweier.
Dinsdag het sowat 150 besorgde inwoners ter ondersteuning van die saak by die Lydenburg Landdroshof opgedaag.

Die mans se saak is tot 16 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel. Die verdagtes staan ook op sake van besigheidsroof, gewapende roof en die oortreding van die plofstofwet tereg.

Gemeenskapslede voor die Lydenburg Landdroshof. Foto’s Verskaf/Lorinda Kapp.

Griesel is op 21 Oktober om ongeveer 00:40 in ’n koeëlreën dood toe ’n roofbende op haar motor geskiet het.
Sy was op pad na haar ouerhuis by Sterkspruit Falcon Estate waar haar pa, Stephan Griesel, reeds by die hek vir haar gewag het.
Haar selfoon het doodgegaan terwyl hy met haar gepraat het. Hy het onmiddellik na die verkeersirkel by The Heads-winkelkompleks gery, sowat 200 m van hul huis, waar hy die skote gehoor het en op sy dogter afgekom het. Die paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Lees meer hier: Pumas val vas in eersteronde-aksie van die Airlinkbeker

“’n Polisietaakmag het op 1 November die een verdagte naby Masoyi, buite Witrivier, in hegtenis geneem. Hy het op 2 November in die Lydenburg Landdroshof verskyn. Nog ’n verdagte is op 2 November in KaNyamanzane in hegtenis geneem en het op 3 November in die KaBokweni Landdroshof verskyn,” het kol. Donald Mdhluli, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, gesê. Mdhluli sê dat ’n bykomende nege verdagtes moontlik binnekort nog in hegtenis geneem kan word.

Lorinda Kapp en Toinette Keel, twee lede van veiligheidsorganisasies sonder winsoogmerk op die dorp, en Francois van der Merwe van die Bittereinders. Foto: Michelle Boshoff

Back to top button