Local news

VLU Malieveld-streek bied kreatiewe dag in Mbombela aan

Die VLU Malieveldstreek het onlangs ’n lieflike dag van erfenisviering en kreatiwiteit aangebied. Dit het die vorm van ’n kuier-en-klets-dag aangeneem, en daar was ook nie ’n tekort aan heerlike eetgoedjies nie.

Die VLU Malieveld-streek het op Saterdag 23 September ’n heerlike kuier-en-klets-dag in die aanloop tot Erfenisdag aangebied, wat bestaan het uit ‘n oggend van kreatiwiteit, heerlike kos en ‘n boereworsbraaikompetisie, by die NG Kerk Moedergemeente in Mbombela.

Die stalletjies het tuisgemaakte seep, koekies, souse, klere en juwele beskikbaar gehad, en decoupage- en macraméklasse is deur die VLU Malieveldstreek aangebied, wat ook die dag georganiseer het.

Koeksisters en melktert is gedurende pouse bedien, en later die dag is die braaikompetisie gehou. Diegene wat nie so mededingend gevoel het nie, kon net rustig braai – vir die lekkerte.

LEES OOK: Boeremark op Lydenburg soos altyd ‘n wenner

Charleen Hoffman bedien melktert
Peggy en Hein le Roux is gereed om te braai.
Iris Kühn van die VLU Loerietak.
Lisa le Roux en Moses Mkhondwane.
Izet van Rooyen en Cayla Jansen van Vuuren.
Jenny Botha.
Amber en Marina Janse van Rensburg en Yolande van der Merwe.
Geraldine du Plessis.
Patricia Griffioen en Suzanne Henderson.
Marina van Eeden dans vir die gaste. > Fotos: Chelsea Pieterse

 

Back to top button