Local newsNews

Reusesportdag vir Lydenburg se kleingoed

Ouers, oupas, oumas en die onderwysers van sewe kleuterskole het 'n atletiekdag terdeë geniet.

Die groot dag het op 9 September plaasgevind en hope gelag, gespeel, aanmoediging en hande klap op Hoërskool Lydenburg se rugbyveld gelewer.

Die kleuters moes onder meer sandsakkies op hul koppe balanseer, hekkies hardloop, aan verspring deelneem en met skopfietsies ry. Dit was maar net ‘n paar van die items. Die kleuters het ook vir die finale item van die dag resies gehardloop.

Gewoonlik kry elke kleuterskool jaarliks ‘n beurt om die dag aan te bied. Vanjaar was die eerste jaar wat al sewe kleuterskole saam die dag beplan en aangebied het.

Sunika Faulds, Ronaldo van Staden, Klara Minnaar en Jandré Gouws.

Die skole was Purple Pepper Pre-Primêr, Genies Preschool, Higher Tides Montessori Academy, Lydenburg Pre-Primêr van Laerskool Lydenburg, Dwergieland, Turning Tides Montessori, Babbelkousies en Woelwaters.

Die groep skole en ouers bedank graag die borge wat ruim bygedra het om die dag ‘n sukses te maak.

De Wet Gouws.
Johein Cronje.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button